Biblioteca Vasconcelos

Die Biblioteca José Vasconcelos is 'n groot openbare biblioteek en een van die grootste kultuursentra in Meksikostad. Dit lê benoorde die Meksikostadse historiese sentrum. Dit maak deel uit van die Nasionale Raad van Kuns en Kultuur van die Meksikaanse Federale Owerheid en sou oorspronklik as spil van die Meksikaanse biblioteke dien. Met die jare (en ná die oorkoming van die aanbouprobleme) word dit 'n landteken van die stad en 'n nuwe ontmoetingsplek om te kom leer. Die biblioteek word elke jaar deur miljoene mense besoek.

  • Adres: Eje 1 Norte esquina Aldama S/N, Buenavista, Cuauhtémoc, 06350 Meksikostad.
  • Telefoon: +52559157 2800
  • Totale oppervlakte: 38 091 m2 ; 26 000 daarvan is tuine.
  • Afmetings van die biblioteekgeboue: 270 meter lank en 28 meter hoog. Drie geboue met elkeen ses verdiepings.
  • Parkering: 325 staanplekke
  • Kapasiteit: 5 000[1]
  • Besoekers (jaarliks): 1 825 000[1]
  • Boujaar: 2004–2007
  • Boekebesit: 580 000
  • Kaart by Open Street Map.
  1. 1,0 1,1 La obra arquitectónica (Spaans)

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy